Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
"Trans-vaal" deur PETRA MULLER [boodskap #8178] Sa, 25 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
TRANS-VAAL
Petra Muller

In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers

somer

In daardie land se hemel
is daar omgekeerde

aarde.

Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder,
op die kinders uit.

In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.

Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter,
soek dorstig na sy prooi.

Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.

O Afrika,

hoe maklik is die klanke van jou naam nie,

Afrika, en

onuitspreeklik om te sê.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: Re: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Volgende onderwerp: hier's een vir julle
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 22:38:37 MGT 2024